Indien jy weet van ’n groep mense wat in die gemeenskapsondersteuningsruimte werk, of jy is ’n saamsnoerder (of ondersteun ’n saamsnoerder) wat by gemeenskapsorgwerkers betrokke is, is een maklike maar belangrike manier om #BeThere te wees, om ’n Gemaskerde Helde-portuurondersteuningsplatform op WhatsApp/Moyo (’n gratis, plaaslike kletsdiens) te skep en te koester.
Spring weg: Stuur ’n privaat boodskap aan elke individuele gemeenskapsorgwerker (GSW) wat jy graag wil uitnooi om by die groep aan te sluit. Voordat jy hulle by enige groep byvoeg, vra eers of hulle deel wil word. In daardie boodskap behoort jy te verduidelik wat die doel van die groep is en wat van hulle verwag sal word. As dit maklik is, kan jy selfs die teks hieronder uitknip en in daardie boodskap inplak om dinge aan die gang te kry:
Hallo daar! Ek hoop dit gaan goed met jou. Ek het jou nommer by _______ (voeg ontbrekende inligting in) gekry. Ek weet dinge is dalk regtig moeilik vir jou en jou kollegas tydens hierdie pandemie. Ek wou jou net laat weet dat ek ’n virtuele ondersteuningsgroep op WhatsApp/Moyo gaan begin. Daar is geen druk op jou om deel te neem nie – maar natuurlik is dit ook ’n ruimte waar jy kontak kan maak met ander mense wat dalk dieselfde dinge ervaar. Jy kan die groep enige tyd verlaat as jy wil – en ek sal geen vrae vra nie! Laat my asseblief weet of dit in orde sal wees as ek jou by die groep byvoeg. Van _________ (jou naam)
As hulle jou dan laat weet dat hulle wil deel word van die groep – wonderlik – voeg hulle by die groep! Indien nie, moenie hulle laat sleg voel daaroor nie. Laat hulle weet dat dit geensins ’n probleem is as hulle in ’n later stadium van plan verander nie en dat hulle welkom sal wees om aan te sluit.
Skep die groep. Onthou, wanneer jy ook al nuwe mense byvoeg, kan hulle nie boodskappe sien wat gedeel is voordat hulle aangesluit het nie, en daarom kan dit dalk sin maak om ’n verwelkomingsboodskap te hê wat jy elke keer uitknip en inplak wanneer ’n nuwe persoon by die groep aansluit. Jy kan iets in dier voege insluit:
Welkom by die ________ (naam van die area) Gemaskerde Helde-ondersteuningsgroep. Dit is ’n informele ruimte waar ons mekaar kan besiel in hierdie moeilike tye. Om na mekaar om te sien, is daar ’n paar basiese riglyne wat almal moet volg:
Dit is nie altyd maklik om vir ons vriende en familie te sê wat gebeur nie, en hierdie werk kan jou by tye baie geïsoleerd laat voel. Hierdie groep gaan dit nie oplos nie, maar ek hoop dit sal jou ’n gevoel van gemeenskap, kameraderie en vriendskap gee, en jou help onthou dat jy nie alleen is nie.
Daar is ook ander hulpbronne wat spesifiek ontwerp is om JOU te ondersteun by maskedheroes.org.za. Of WhatsApp “hi” na 060 011 9999.
Hou dit lewendig: Hierdie werk kom dalk vir jou natuurlik, maar indien nie, lees verder! Onthou, die doel van hierdie groep is om gemeenskapsorgwerkers te help om kop bo water te hou. Jy kan dit doen deur die volgende te doen:
En onthou:
Thank you so much for your wonderful care in the Cape Town.