Hoe gebruik ek die Tipe I-maskerstel?

Hanteer asseblief jou masker se filter versigtig! Wanneer jy dit was, moet dit nie opfrommel nie. Gooi bloot warm water (60 grade) daaroor en hang dit op om self droog te word.

Jy sal drie herbruikbare gesigmaskerstelle ontvang – genoeg om die gebruikte maskers elke dag te was. Die stel bestaan uit:

  • ’n Gesigmasker wat uit twee lae bestaan en van poliëster gemaak is, EN
  • ’n binneste laag wat bestaan uit ’n “nanovesel-binnelaag” van hoogstaande gehalte wat aan die gesondheidspesifikasies van ’n Tipe I-masker voldoen.

Die lapmasker kan weer en weer gebruik word. Die nanovesel-binnelaag moet na tien dae se gebruik vervang word. COVID-19 word in druppeltjies oorgedra. Soos enige Tipe I- of Tipe II-masker, sal hierdie gesigmasker keer dat enige druppeltjies wat die virus bevat, oorgedra word, maar dit is nie so doeltreffend soos ’n N95-asemhalingsmasker nie.

Wanneer behoort ek hierdie masker te dra?

  • Dra hierdie masker wanneer jy ’n Tipe I-masker moet gebruik (sien jou PPE-kontrolelys).
  • As jy ’n Tipe II-masker nodig het, maar nie een het nie, sal hierdie masker jou amper dieselfde vlak van beskerming bied.
  • Dit is ook geskik vir gebruik deur pasiënte wat COVID-19 het – maar ons stel voor dat jy dit vir jou eie gebruik hou en vir jou pasiënte ’n skoon Tipe I- mediese masker tydens elke besoek gee.

Hoe ontsmet ek die masker en maak ek dit skoon?

Aan die einde van elke dag:

  • Haal die binneste laag uit.
  • Ontsmet die lapmasker en die binneste laag deur dit in kookwater te dompel. Jy kan dan die masker met die hand of in die wasmasjien was, maar nie die filter nie.
  • Was jou hande na die tyd deeglik.

Ontsmet – en was dan!

  • ONTSMETTING maak kieme dood. WAS laat dit lekker ruik.
  • Dra altyd jou masker en haal dit af soos wat jy geleer is

Our South African heroes! Our army of the BRAVE! Thank you for your giant hearts and your commitment to community. You inspire us all, and we are so very lucky to have you in our communities and in our homes. When times feel tough, remember that you have the country standing behind you, rooting for your success.