Tuisversorging

Die COVID-19-modelleringskonsortium wat die regering adviseer, het beraam dat daar tussen Junie en November hierdie jaar na verwagting 12 tot 13 miljoen gevalle van COVID-19 in Suid-Afrika kan wees. Die meeste mense sal nie eens weet dat hulle die virus opgedoen het nie, en die oorgrote meerderheid sal slegs geringe simptome ervaar en vinnig herstel. In sommige gevalle kan geïnfekteerde mense egter siek word en sal spesiale behandeling tuis nodig hê. Die idee dat mense hulself sal kan isoleer van die mense met wie hulle hul huis deel, is ongelooflik moeilik in Suid-Afrika. Nietemin is daar stappe wat gedoen kan word om te probeer om almal gesond te hou. Hier volg wenke en raad wat jy kan deel met versorgers van mense wat moontlik COVID-19 het of daarmee gediagnoseer is.

  • Home based care

    Maak seker die siek persoon rus, neem genoeg vloeistowwe in en eet voedsame kos.

  • Home based care

    Was jou hande gereeld met seep en water of reiniger met ’n alkoholbasis, veral na enige vorm van kontak met die siek persoon of hul omgewing; voor, gedurende en nadat jy kos voorberei het; en nadat jy die toilet gebruik het.

  • Home based care

    Identifiseer oppervlakke wat gereeld deur die siek persoon aangeraak word en ontsmet en reinig dit daagliks.

  • Home based care

    Dra ’n mediese masker wanneer jy in dieselfde vertrek is as ’n siek persoon. Moenie aan jou masker of gesig raak terwyl jy jou masker dra nie, en gooi dit na die tyd weg.

  • Home based care

    Maak seker dat die siek persoon se skottelgoed, koppies, eetgerei, handdoeke en linne nie deur ander mense gebruik word nie. Was hierdie items wat deur die siek persoon gebruik word met seep en water.

  • Home based care

    Skakel die nasionale COVID-19-inbelsentrum (0800 029 999) onmiddellik indien die siek persoon se toestand versleg of die persoon sukkel om asem te haal.

All these guys and girls I want to say thanks to all of you for keeping us alive! A Major Group Hug would be better but that will have to wait until u win this war.